Beschreibung:
Uiteindelik! ’n Reeks wat aan al die vereistes van die KABV voldoen! Piekfyn Afrikaans Graad 7 se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Uiteindelik! ’n Reeks wat aan al die vereistes van die KABV voldoen! Piekfyn Afrikaans Graad 7 se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids ondersteun die onderwyser se taak deur• beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk – elke module het sy eie onderrig-, leer- en assesseringsplan;• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke, prosedures en prosesse vir leeraktiwiteite;• volledige memorandums vir al die voorbeeldvraestelle te voorsien;• te fokus op kommunikatiewe, teks- en prosesgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind;• ’n wye verskeidenheid fiksie en niefiksietekste aan te bied volgens eietydse temas;• ’n formele assesseringsprogram vir graad 7, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; en• aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser.Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.