Stof

Stof
-0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.
Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar

Unser bisheriger Preis:ORGPRICE: 14,99 €

Jetzt 14,98 €*

Artikel-Nr:
9780795801600
Veröffentl:
2018
Seiten:
384
Autor:
Alettie Van den Heever
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is in die Wes-Kaap is gelooi deur die groot honger ná die oesmislukkings, deur die stof en die gluur van die son. Jong Amper moet gaan soek na haar verlore liefde, én die plantsaad wat so swaar op haar skouers rus veilig hou van Meconium – want in 2081 wil húlle alle saad beheer. Stof is subtiele toekomsfiksie en ’n aards-poëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans.
Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is in die Wes-Kaap is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son. Op Kylemor wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaar-man wat als kom deurmekaarroer het. Hier’s min vir haar oor ná haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar sade. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium – hulle wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las. Maar juis in Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van dié regime. Stof is subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal én ’n aards-poëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Dié debuut spruit uit ’n cum laude-meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk en Willem Anker.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.