Elza Rademeyer Omnibus 6

Elza Rademeyer Omnibus 6
-0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.
Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar

Unser bisheriger Preis:ORGPRICE: 14,63 €

Jetzt 12,98 €*

Artikel-Nr:
9780624057895
Veröffentl:
2013
Seiten:
512
Autor:
Elza Rademeyer
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Die verhale in hierdie omnibus is Duwweltjiepad, Klopdans van die liefde en ’n Stukkie van jou hart.
DuwweltjiepadRudolf Mulder, jongste multimiljoenêr in die Kaap, se lewe bestaan uit sport, meisies en partytjies. Totdat die noodlot sonder genade ingryp.Die prys vir ’n oomblik van hartstog met die wulpse, blonde Julia Saunders in sy voortsnellende motor is bitter duur: Wanneer hy sy bewussyn in die Conradie Hospitaal herwin, is sy onderlyf verlam.Nou duik ’n skim op uit sy verlede: die mooi swartkopgeitjie met die blitsende groen oë – suster Jo. Hy kan haar nie plaas nie. Sy verwar hom met uitsprake soos: “Julle ryk mans gee my ’n pyn. Natuurlik het ek al my sprankel verloor. Ek het dit ses jaar gelede al verloor toe jy . . . Julle mans is almal verraaiers!”Verraad? Hy kan nie onthou nie . . .Hier in die hospitaal kom Rudolf agter hoe die Here vooruitloop om die dorings uit die pad te vee. Daarom kan hy weer ja sê vir die lewe.Om Jo span die vangnet van die verlede egter al hoe digter. Klein Anton se pleegouers pers haar af om hom vir aanneming aan hulle af te staan; die nuuskierige tant Betta dryf haar in ’n hoek oor die foto in haar huis wat so sprekend na een van Rudolf as kind lyk, en ’n tweede, identiese Rudolf Mulder verskyn op die toneel . . .Klopdans van die liefdeWanneer dokter Pennie de Villiers haar Anton in ’n vurige omhelsing met ’n ander vrou betrap, is sy verward en verdwaas. Daarom dat sy nie die aanstormende motor sien totdat dit amper te laat is nie. Die bestuurder is arrogant en verwaand, dink sy.Maar dié man, Pieter Wasserman, is baie aantreklik – digte swart hare, lang syagtige wimpers, die effense skynsel van baardstoppels op sy sonbruin wange, sensuele lippe . . .Al ís sy baie aangetrokke tot Pieter, weet sy nie of sy hom kan vertrou nie – hy lyk gevaarlik. Hét hy ’n skadukant, of is dit bloot haar verbeelding?En steeds sukkel sy om ontslae te raak van die knaende Anton; hulle was destyds nog op die punt om verloof te raak. En moet sy hom werklik glo wanneer hy beweer die “ander vrou” is bloot ’n vriendin, ’n aktrise, en dat hy haar gehelp het om ’n rol in te studeer?’n Stukkie van jou hartDokter Lara Strydom is aanvanklik verslae wanneer sy sien hoe klein Darlingsdrift is, maar haar boesemvriendin Riekie is sterwend en het haar gevra om met haar en Janus se praktyk te kom help.Kort voor lank is sy egter glad nie meer so seker dat sy wil teruggaan stad toe nie, want die dorpie en sy mense begin al hoe meer in haar hart kruip. Veral wanneer sy die aantreklike Paul Sauerman met sy gitswart hare en sy kruppel been beter leer ken.Maar Paul dra ’n bitterheid in hom wat hulle albei se geluk op die spel plaas. Waarom sien hy nog steeds die beeldskone Jessica, die vrou wat hom kort ná sy ongeluk vir sy broer verruil het?

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.