Beschreibung:
Hierdie studiewerkgids vir leerders en onderwysers kan saam met Vers en vlam:’n poësiebloemlesing vir graad 10 EAT gebruik word. Die gids verskaf bykomende inligting, vrae en opdragte by die voorgeskrewe gedigte. Die aanslag is toeganklik en informeel, en gerig op die leerder.
Hierdie studiewerkgids kan saam met Vers en vlam: ’n poësiebloemlesing vir graad 10 EAT gebruik word. Die aanslag is toeganklik en gerig op die leerder. Dit bevat onder meer: verduidelikings van alle literêre begrippe volgens die KABV vir EAT, pre-, tydens en post-lees-aktiwiteite, kort opsommings van die inhoud van elke gedig in Afrikaans en Engels, verdere woordverklarings, vrae opgestel volgens die KABV met ruimte om antwoorde in neer te skryf, verdere verrykende inligting, wenke en bronne